FUNDED BY:

Visit the National Lotteries Board website to find out about other projects supported by the NLDTF
|
Santie van Wyk
Geboortedatum:
1976/01/06
Dorp van afkoms:
Potchefstroom
Huwelikstatus:
Getroud met Jaco van Wyk.
Kinders:
Het drie horende kinders.
Geskiedenis:
My familie is horend. Net ek is doof. Ek was 17 jaar lank ‘n huisvrou en toe het ek begin verder studeer. Ek is doof gebore en het in Pretoria grootgeword. Ek is getroud met ‘n Hardhorende man en het drie kinders. My oudste kind is Sumie, gr 12, my tweede dogter is Sanet, gr 8 en my seun, Willie is in gr 4. My man in nou Proponent. Ek wil al lankal vir God werk en God het vir my die doel gegee om verder te leer, want ek wil graag my man in die bediening ondersteun. Daar is baie Dowes wat nog nooit van God gehoor het nie. Dit het my diep geraak dat daar 400 000 Dowes in Suid-Afrika is en dat daar so min bedieninge is. Die oes is baie groot. Die vraag bly: wie sal gaan dien??? God het my oë oopgemaak. Nou het ek vir God gesê: “Hier is ek, ek wil gaan bedien”
Visie:
Ek wil graag vir bejaardes help. Ek wil vir Dowes help om vrede te maak. My doel is om saam met my man die Dowes in Effata gemeente vir Dowes in Johannesburg te gaan help en ondersteun.
|
|
|
|