NID DCMA NID NID
News and Events
Dissipel Discipleship Training
18 - 21 April

Read more...

Paasstap

The Crusade on Thursday 5 April 2012.

Read more...

Donate
Facebook

LOTTO

FUNDED BY:

Visit the National Lotteries Board website to find out about other projects supported by the NLDTF.

 

FUNDED BY:

LOTTO

Visit the National Lotteries Board website to find out about other projects supported by the NLDTF

Mercia van der Merwe

Geboortedatum:
1984/10/10

Dorp van afkoms:
Nigel

Huwelikstatus:
Ongetroud

Kinders:
Geen

Geskiedenis:
Ek het horend grootgeword. Ek het by Sekon SA in Nigel gewerk as stamper. Op 21 Februarie 2004 het ek saam met my vriend gery en ons was in ‘n ernstige motorongeluk. Weens die “ligte” kop en brein beserings is ek nou doof in albei ore. Ek dank God dat ek nog lewe.

My hele familie is horend. Ek het geen Dowes geken nie en nog nooit met Dowes gekommunikeer nie. In 2007 het ek Assistent Chef begin studeer by NID Kollege. Jesus het dit daar op my hart gelê om eerder by DCMA te kom leer. Ek het vir God gevra om my te help om eers my assistent Chef-kursus te voltooi. God is baie goed vir my. Hy het my gehelp om die kursus te voltooi. Ek het ook die Chef kursus in 2009-2010 voltooi. Ook daar het God dit op my hart gelê om by DCMA te begin studeer. Ek het egter eers huistoe gegaan. Tuis het ek saam met Pastoor Chris Oyakhilome ‘n “Healing” kursus gedoen, waar hy my geleer het my geloof op te bou sodat ek “divine health” van God deur Jesus kan ontvang.

Ek is nog doof in die wêreld, maar prys God, ek het my Divine Heatlth in die geesteswêreld ontvang. Dit moet nog net manifesteer. Maar God wil my eers in dowe bediening gebruik – SO LOOF EN PRYS GOD, EK IS NOU HIER

Visie:
Ek wil vir Dowes, fisies en verstandelik gestremdes, klein kinders en ou mense vertel / wys / skryf dat Jesus lewe. Jesus het jou baie lief. Jy is kosbaar en spesiaal vir Jesus. Jesus wil jou gebruik net sos wat jy is.

 

 

 
Home | Support Us | Contact
design by teresa roelofse © NID 2007 - 2011