NID DCMA NID NID
News and Events
Festival of Light

De la Bat Congregation
Festival of Light!

Read more...

Awards Ceremony Almost time for the NID College Awards Ceremony.

Read more...

Donate
Facebook

LOTTO

FUNDED BY:

Visit the National Lotteries Board website to find out about other projects supported by the NLDTF.

 

FUNDED BY:

LOTTO

Visit the National Lotteries Board website to find out about other projects supported by the NLDTF

JACO VAN WYK

Geboortedatum:
5 April 1975

Dorp van afkoms:
Potchefstroom

Huwelikstatus:
Getroud met Santie (doof)

Kinders:
Sumie (17), Sanet (13) en Willie (9)

Geskiedenis:
Ek is in 1975 in Bloemfontein gebore. My ma is Wilma en my pa Willie van Wyk. My pa was in die S. A Lugmag en ons is tydens my kleuterjare baie verplaas. Ek het nog twee broers, Stefan en Gerhard. Ons was ’n baie gelukkige gesin.

In 1978 het my ma my dokter toe gevat omdat ek nog nie kon praat nie. Ek het ook nie geluister as sy met my praat nie. Na ’n lang, uitgerekte storie is ek uiteindelik gediagnoseer as hardhorend. Ek is toe die volgende jaar na Sonitusskool vir Hardhorendes in Pretoria. Dit was ’n moeilike tyd, want my ouers was baie vêr en ek was nog baie klein. In 1979 is my pa na Boksburg verplaas waar hy by die Atlas-vliegtuigfabriek werksaam was. Dit was makliker, want my ouers was nou nie so ver nie. Hulle het my elke naweek kom haal om huis toe te gaan.

Ek is in 1993, terwyl ons nog op Hoedspruit was, getroud met Santie wat Doof is. Ons het aan die begin baie gesukkel, want ek het nie ’n goeie werk gehad nie en het gesukkel om in my gesin se behoeftes te voorsien. Dit Here was egter baie goed vir my en het my uiteindelik na ALS Plant Hire gebring, waar ek die voorreg beleef het om my hart aan Hom te gee.

Wedergeboorte was moeilik. Die duiwel is baie listig. Ek het onder andere 'n swaar las uit die verlede met my saamgedra. Ek moes ontslae raak van iets wat 13 jaar saam met my gewete gekom het. Ek kon nie alleen die las afgooi nie daarom het ek ds. Janneman van Wyk gaan sien en die Here het my gehelp om die las te verwyder. Ek het nie geweet hoe om te bid nie, maar ek het geleer! Ek het my sondes bely en om vergifnis gevra. Dit is asof ek dinge begin sien wat ek nog nooit gesien het nie. Alles om my het verander. My liefde vir my naaste het gegroei. My vrou sê sy is bly dat ek verander het. Ek is baie bly dat die Here my geroep het. Ek is baie bevoorreg. Toe ek uitvind waarvoor DCMA staan, het ek geweet dat die Here my daar wil gebruik. Al die dinge van die boodskap wat ek gekry het, is besig om baie duidelik te word. HALLELUJA!!

In Februarie 2007 verhuis ons hele huis gesin na Worcester. Kinders in nuwe skole en alles ‘n nuwe wêreld. Ek het toe ingeskryf by DCMA en die Here het vir my wonderlike dinge daar geleer. Ek moes eerste leer om te verander soos Hy my wil hê en daar was dae wat dit seer was maar die moeite werd. Ek was soos klei in die Vader se hande en is nog steeds. Hy vorm my soos Hy wil. Ek het my studies in 4 jaar gedoen en is op 24 November 2010 gelegitimeer as Proponent vir Dowes te Stellenbosh. Gedurende die 4 jaar was ek ook by De la Bat skool koshuisvader in Trompie koshuis en ‘n Sweis onderwyser by De la Bat Skool vir Dowes. In my 5de jaar (2011) bied ek nog steeds sweis as vak aan en studeer ek nog vir my Graduate Diploma in Biblical Ministry.

Vandag kan ek die Here loof en prys vir die wonderlike vooreg om ‘n dienaar van Hom te wees wat Lewe gee aan almal. Ek het nooit gedink dat die Here my sal gebruik as instrument om vir Hom te werk nie. Prys Hom wat Lewe gee.

Visie:
My visie is om soveel Dowes moontlik te bereik met die Evangelie van Jesus. Dat Dowes ook in hulle taal die Bybel sal verstaan. Wat God van ons verwag en Wie vir ons die Ewige Lewe kan gee. Dat Jesus ook vir die Dowes se sondes gesterf het aan die Kruis. En dat Hy ook lief is vir hulle. Dat hulle net soveel reg het om die Here te kan dien met hulle Hande.

Ek het ‘n droom om die Dowes op ‘n gereelde basis te besoek. Maar die Dowes bly baie ver uitmekaar. Daarom het ek gedink om Tegnologie te gebruik om Dowes te bereik in die ver plekke. Sataliet punte sal opgerig moet word om sodoende die plan te laat werk.

 

Jaco van Wyk

 
Home | Support Us | Contact
design by teresa roelofse © NID 2007 - 2011